%0 Journal Article %T Purchasing behaviour as a determinant of food insecurity in Klipplaat %A N Ballantine %A GG Rousseau %A DJL Venter %J Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe %D 2008 %I %X Hierdie studie poog om koopbepalers van voedselonsekerheid onder huishoudings in Klipplaat, in die Oos Kaap, te ondersoek. Eerstens poog die studie om die verhouding tussen huishoudelike inkomstevlakke en voedselonsekerheid in Klipplaat te beraam. Tweedens beoog die studie om vas te stel of daar 'n verhouding bestaan tussen voedselonsekerheid en vervoertipe na winkels vir voedselaankope. Laastens beoog die studie om te bepaal of daar 'n verhouding bestaan tussen voedselonsekerheid en eienaarskap of gebruik van 'n yskas. Die studie maak gebruik van n aangepaste weergawe van die Huishoudelike Voedselonsekerheidtakseringskaal. 'n Gerieflikheidsteekproef (n=459) huishoudings is in Julie 2006 by die studie betrek. Die steekproef is gekenmerk deur ho werkloosheidvlakke (86%) en lae inkomstevlakke (76% met 'n maandelikse inkomste van minder as R500). Beskrywende en afleidende statistiek (ANOVA) is aangewend vir data-afleiding. Sowel praktiese beduidendheid as statistiekbeduidendheid is bepaal vir elk van die hipotetiese vergelykings. Die studie het bevind dat voedselonsekerheid algemeen voorkom in Klipplaat. Inkomstevlakke het 'n beduidende invloed op voedselonsekerheidtoestande in Klipplaat. Daar is verder bevind dat voedselonsekerheid beduidend be nvloed word deur die beskikbaarheid,al dan nie, van doeltreffende vervoer in Klipplaat. Daarby het die gebruik van voedselverkoeling 'n kleiner maar beduidende verband met voedselonsekerheid getoon. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat huishoudings 'n minimum inkomstevlak, kostedoeltreffende vervoer, en verkoeling benodig om voedselon-sekerheid te verlig. (Article text in English) %U http://www.ajol.info/index.php/jfecs/article/view/47109