%0 Journal Article %T Sizing and fit research at grassroots level A methodology for the identification of unique body shapes in African developing countries %A A Mastamet-Mason %A HM de Klerk %A S Ashdown %J Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe %D 2008 %I %X Inleiding en literatuur agtergrond Vanuit die literatuur en vorige navorsing is dit duidelik dat vroulike verbruikers van menige Westerse lande vandag probleme ondervind met die passing van koop-klaar-klere. Ontwikkelende lande in Afrika, soos byvoorbeeld Kenia, ondervind dieselfde probleme. Ongelukkig beskik hierdie lande nie oor die nuutste tegnologie, vaardighede en finansi le ondersteuning ten einde navorsing te kan uitvoer wat gerig is op die oplos van grootte-en-pas-probleme binne die kledingindustrie nie. Menslike liggaamsvorms en proporsies verander mettertyd en verskil ook van kultuurgroep tot kultuurgroep, van land tot land en selfs van streek tot streek binne ˇ®n spesifieke land. Daar kan dus nie maar aangeneem word dat klere wat verbruikers van een land pas, verbruikers van ˇ®n ander land of kultuurgroep gaan pas nie. Ten einde die probleem van grootte-en-pas te kan oplos, is dit dus belangrik dat daar van tyd tot tyd in alle lande antropometriese opnames gemaak word ten einde ˇ®n beeld te kry met betrekking tot die groottes, proporsies en liggaamsvorms van die inwoners van die land. Sulke navorsing is nog nie voorheen in Kenia uitgevoer nie. Die vraag waarom dit dus in hierdie navorsing gegaan het is: Hoe lyk die Keniaanse vroulike verbruiker se unieke liggaamsvorm/s en hoe dra dit by tot die probleme wat die vroulike verbruiker in Kenia tans ondervind met die passing van klere? In menige ontwikkelde Westerse en Oosterse lande word grootte-en-pas-navorsing vandag met die hulp van sogenaamde liggaamskandeerders (ˇ°body scannersˇ±) gedoen Liggaamskandeerders is weens ˇ®n gebrek aan finansies en tegniese vaardighede nie in Kenia beskikbaar nie, en gevolglik moes die navorsers hul wend tot alternatiewe tegnieke vir die bepaling van liggaamsvorm. Twee tegnieke, wat ook voorheen op beperkte skaal gebruik is vir die bepaling van liggaamsvorm, is vir die doel van hierdie studie aangepas, naamlik die bepaling van liggaamsvorm deur middel van die gebruik van liggaamsmates, en deur visuele ontleding deur ˇ®n opgeleide paneel sensoriese evalueerders. Hierdie artikel rapporteer dus oor die veldwerk-metodologie wat vir die doel van die navorsing ontwikkel en suksesvol toegepas is. Metodologie Die artikel rapporteer die metodologie wat beplan is, probleme wat in die veld ondervind is, asook hoe die probleme opgelos is ten einde geloofwaardige data te kon genereer en die doelwitte van die navorsing te kon bereik. Steekproef Die studie was beperk tot twee geografiese gebiede in Kenia, naamlik die Westelike gebied (Eldoret en Kisumu) en die Hoogland gebied (Nairobi). Die eenheid van analise was ho rskool onderwyseresse wat in stedelike gebiede woonagtig is en in die ouderdomsgroep 25 jaar tot 55 jaar val. ˇ®n Sistematiese ewekansige steekproef tegniek is gebruik en 301 onderwyseresse is identifiseer. Soos wat dikwels die geval is met veldwerknavorsing het die navorser menige probleme op grondvlak ondervind en moes menige strategie in werking gestel word ten %U http://www.ajol.info/index.php/jfecs/article/view/47110