%0 Journal Article %T Die doeltreffendheid van talentbestuursprogramme in uitgesoekte Suid-Afrikaanse organisasies %A Jo-Ann P. Gainsford %A Ebben S. van Zyl %J South African Journal of Human Resource Management %D 2012 %I AOSIS OpenJournals %X Ori ntasie: Die identifisering, behoud en ontwikkeling van talent moet doeltreffend bestuur word.Navorsingsdoelwit: Die studie het ten doel om die doeltreffendheid van bestaande talentbestuursprogramme in uitgesoekte Suid-Afrikaanse organisasies in die finansi le, vervoer- en mynbousektore te evalueer.Motivering vir die studie: Streng wetgewing (soos regstellende aksie) en die swak ekonomiese situasie in Suid-Afrika veroorsaak dat goeie presteerders as baie waardevol beskou word en behou moet word. Indien organisasies nie oor ĄŻn doeltreffende talentbestuursprogram beskik nie, sal hulle waarskynlik talentvolle werknemers verloor.Navorsingsontwerp, -benadering en -metode: Hierdie studie maak van ĄŻn kwantitatiewe navorsingsontwerp gebruik. Deur middel van toevallige steekproefneming is 117 werknemers in die onderskeie sektore ingesluit. Die ANOVA-toets en Tukey se paarsgewyse vergelykingstegniek is aangewend om die verskille tussen die drie sektore te bepaal.Resultate: Die resultate van die studie dui daarop dat die organisasies wat aan die studie deelgeneem het grootliks al die noodsaaklike komponente in die talentbestuursprogramme insluit. Die uitsondering is egter talentbestuursagteware, wat oor die algemeen nie in die talentbestuursprogramme ingesluit is nie. Verdere resultate dui daarop dat die oorgrote meerderheid van die respondente nie baie tevrede is met die komponente van die talentbestuursprogramme in hul organisasies nie. Die respondente van die mynbousektor het die laagste tevredenheidsvlakke ten opsigte van die talentbestuursprogram getoon. Die resultate dui verder daarop dat die finansi le sektor se talentbestuursprogram meer doeltreffend as di¨Ś van die mynbousektor is.Praktiese/bestuursimplikasies: ĄŻn Omvattende lys van komponente van ĄŻn talentbestuursprogram is ontwikkel om organisasies te ondersteun in die ontwerp en implementering van ĄŻn doeltreffende talentbestuursprogram.Bydrae/waardetoevoeging: Die resultate van die studie kan gebruik word om bestaande talentbestuursprogramme aan te pas.The effectiveness of talent management programmes in selected South African organisations.Orientation: This study was driven by a need that was identified within South African organisations to establish guidelines for the implementation of an effective talent management programme.Research purpose: The purpose of this study was to evaluate the effiency of the existing talent management programme in selected South African organisations in the financial, transport and mining sectors.Motivation for study: Legislation and the poor economic situation in South %K Organisasietalent %K Arbeidsmagtalent %K Opvolgbeplanning %K Werf Talentvolle Werknemers %K Behou Talentvolle Werknemers %U http://www.sajhrm.co.za/index.php/sajhrm/article/view/467