%0 Journal Article %T Privaat aftreeoorde in Suid-Afrika: Riglyne vir welstand en volhoubaarheid op die lang termyn %A Andries C. Hauptfleisch %J Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie %D 2013 %I AOSIS OpenJournals %X Ongesubsidieerde privaat aftreeoorde in Suid-Afrika wat gedurende die afgelope drie dekades ontwikkel is, bied talle uitdagings aan die inwoners. Daar bestaan nie ĄŻn algemeen erkende kennisbasis of riglyne om hierdie sensitiewe mark te bedien nie. Navorsing is gedoen om te bepaal welke aspekte die inwoners van aftreeoorde as bevredigend en welke as problematies ervaar. Hierdie navorsing het ook ĄŻn literatuurstudie ingesluit. By wyse van gestruktureerde vraelyste, onderhoude en ĄŻn seminaar is kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bekom. Die resultate wat betrekking het op agt oorde in die ooste van Pretoria, vier in Bloemfontein en twee op Knysna word gerapporteer, terwyl die studie steeds in ander sentra voortgesit word. Die kwantitatiewe data is in voorkeurvolgorde van die grootste groep (Pretoria) gedoen, met die ander groepe daarteenoor aangetoon. Die navorsingsmetodiek was dus gebaseer op die versameling van gekwantifiseerde en kwalitatiewe data, asook beskrywende evaluering. Die resultate bied insiggewende kennis en riglyne ter bepaling van ĄŻn optimale profiel vir die ontwikkeling van privaat aftreeoorde wat volhoubare dienste kan lewer. Die implikasie en waarde van di¨Ś studie is dat beide ontwikkelaars van aftreeoorde en voornemende inwoners in staat gestel word om te kan evalueer of ĄŻn bepaalde aftreeoord welstand op die lang termyn volhoubaar aan inwoners sal kan bied.Private retirement resorts in South Africa: Guidelines for wellness and sustainability in the long term. Unsubsidised private retirement resorts in South Africa developed during the last three decades present residents with many challenges. There is no existing generally accepted knowledge base or guidelines to serve this sensitive market. The research objective was to establish which elements are experienced by residents of retirement resorts as satisfactory and which as problematic. A literature study was also undertaken. Quantitative as well as qualitative data were obtained by means of structured questionnaires, interviews and a seminar. The results reported pertain to eight resorts in the east of Pretoria, four in Bloemfontein and two in Knysna. The study is currently being extended to other centres. The quantitative data is arranged in order of the priorities set by the biggest group (Pretoria), with the other groups in comparison. So the research was based on the sourcing of quantitative and qualitative data, as well as on descriptive evaluations. The results offer insightful knowledge and guidelines towards establishing an optimal profile for the development of long-term %K riglyne %K aftreeoorde %K bo %K staat %K privaat %U http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/330