%0 Journal Article %T Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in kinder- en jeugbediening %A Gert Breed %J In die Skriflig %D 2013 %I AOSIS OpenJournals %R http://dx.doi.org/10.4102/ids.v47i1.579 %X Hierdie artikel vorm deel van ĄŻn navorsingsprojek oor die verrekening van die metateoretiese vertrekpunte in die wetenskap van die Praktiese Teologie. Die eerste fase van die reeks bied die teoretiese onderbou vir die werklikheids-, hermeneutiese en wetenskapsteoretiese beskouing van die vak. Die tweede fase fokus op die invloed wat hierdie vertrekpunte op die wetenskaplike navorsing van die verskillende vakgroepe in die Praktiese Teologie het. Hierdie artikel handel oor die wetenskaplike benaderingswyse tot die navorsingsveld van Kinder- en jeugbediening. In hierdie navorsingsartikel word die persoonlike metateoretiese perspektief waarmee die vakgebied van Kinder- en jeugbediening benader word, uitgespel en verantwoord ten opsigte van die werklikheidsbeskouing waarmee daar op die navorsingsveld van Kinder- en jeugbediening gefokus word; die onderbou van die hermeneutiese beskouing wat nodig is om tot ĄŻn verstaan en ĄŻn verantwoordbare verhouding te kom tussen die elemente wat in Kinder- en jeugbediening ter sprake is; en ten slotte, om die wetenskapsteoretiese benadering te beskryf waarmee die navorsingsveld van Kinder- en jeugbediening op ĄŻn wetenskaplikverantwoorde wyse ondersoek kan word. %K kinder- en jeugbediening %K metateoretiese vertrekpunte %K Praktiese Teologie %U http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/579