%0 Journal Article %T IN MEMORIAM: HULDEBLYK AAN PROF C P T NAUD¨¦ (17.08.1912 - 10.08.2001) %A D.M. Kriel %J Akroterion %D 2012 %I Stellenbosch University %R 10.7445/46-0-126 %X Professor Naude is vanjaar op 10 Augustus oorlede - een week voordat hy sy nege-en-tagtigste verjaarsdag sou gevier het. Hy het ˇ®n soliede loopbaan as klassikus gehad, eers as student en toe as dosent aan Wits; in 1955 promoveer hy onder prof Den Boer te Leiden met ˇ®n proefskrif oor Ammianus Marcellinus in die Lig van die Antieke Geskiedskrywing wat - al was dit in Afrikaans geskryf - internasionaal hoog aangeskryf is (en nog word). In 1963, toe hy reeds vier jaar lank senior lektor in Klassieke Tale by Unisa was, is hy bevorder tot professor - die eerste volwaardige professor in Antieke Geskiedenis in Suid-Afrika. Hy het ook die KVSA baie, baie jare lank in verskeie hoedanighede gedien, en hy en prof Gonin was lank die twee steunpilare van Acta Classica. %U http://akroterion.journals.ac.za/pub/article/view/126