全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...
Lexikos  2012 

Die hantering van neweskikkers en onderskikkers in Afrikaanse woordeboeke

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Die diskrepansie tussen die behoefte aan leksikografiese leiding met betrekking tot voegwoorde en die relatiewe onverskilligheid hierteenoor in terme van leksikografiese navorsing en praktyk het tot hierdie artikel aanleiding gegee, waarin die onbevredigende hantering van voegwoorde in Afrikaanse woordeboeke aangedui word en enkele konstruktiewe leksikografiese oplossings vir die hantering van hierdie woordsoortkategorie aan die hand gedoen word. 'n Eerste aanbeveling is dat die lemmata voegwoord, verbindingswoord, neweskikker, onderskikker en voegende bywoord meer diepgaande sintaktiese inligting, met genoeg voorbeelde (ook oor sinsgrense heen) voorsien. Daar behoort kruisverwysings van die spesifieke voegwoordlemmata na hierdie lemmata te wees. Die voorbeelde wat aangebied word, behoort ook tipiese leksikale en grammatiese patrone aan te dui, sowel as of hipotaktiese binding moontlik is of net inlywing. In aanleerderwoordeboeke kan die tipiese leksikale patrone in vet druk verskyn. Sorg moet gedra word in omvattende woordeboeke, soos WAT, om vinniger inligtingsherwinning tot gevolg te hê en leksikograwe behoort nie funksies gelyk te stel aan polisemiese betekenisonderskeidings nie. So is daar byvoorbeeld twee lemmas nodig by of aangesien dit 'n homoniem is wat duidelik aparte lemmas vereis. Sleutelwoorde: Leksikografie, Neweskikker, Korrelatiewe Neweskikker, Onderskikker, Eentalige Woordeboek, Hipotaktiese Binding, Inlywing, Komplementsinne, Grammatikale Leiding, Linguistiese Fundering, Woordorde, Klousintegrasie, Funksiewoord

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133

WeChat 1538708413