全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

Awareness and knowledge of phytonutrient food sources and health benefits for functional food application among health food store customers in the Cape Town city bowl

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Fitonutri nte speel ‘n belangrike rol in die verwantskap tussen dieet en die voorkoming van chroniese degeneratiewe siektes. Dié wetenskaplike gegewens bied die voedselindustrie die geleentheid om funksionele voedsels te ontwikkel wat fitonutri nte beklemtoon. Verbruikers wat onbekend met fitonutri nte is, bemoeilik suksesvolle bemarking van sulke funksionele voedsels omdat dit ‘n verbruiker met kennis en begrip van dieet en gesondheid vereis. Die voedselindustrie behoort sulke voedselontwikkeling te weerhou totdat verbruikers voldoende kennis en begrip van fitonutri nte het vir oorgang van gewildheid na suksesvolle bemarking in die evolusie van verbruikersaanvaarding. Omdat Suid-Afrika ‘n ontluikende mark vir funksionele voedsels is, het die studie die volgende verken: 1) Bewustheid van die term “fitonutri nte” en spesifieke fitonutriente soos beta-karoteen, isoflavone, fitoestrogene, likopeen, kwersitin, antosianiene, limono ede en allielsulfiede; 2) Kennis van die voedselbron en die verwante gesondheidsvoordeel van spesifieke fitonutri nte; en 3) Of die bewustheid en kennis van die aanbevole daaglikse groente en vrugte inname porsies en hul werklike inname verband hou met die bewustheid van die term “fitonutri nte”. Die opname is gedoen onder verbruikers wat twee gesondheidswinkels in die stadskom van Kaapstad besoek het. ‘n Onderliggende doel van die studie was om te bevestig of die deelnemers as gesondheidsbewuste verbruikers beskou kon word in die aanname gemaak dat dié groep persone moontlik bekend is met die onderwerp. Die deelnemers moes ‘n voorafgetoetste self-geadministreerde vraelys voltooi. Een honderd en twaalf persone, 79,5% van die persone wat uitgenooi is, het deelgeneem. Sowat ‘n derde van die deelnemers (36,6% en 33% onderskeidelik) was bewus van die term “fitonutri nte” en die “5-‘n-Dag” konsep. Meer deelnemers het die betekenis van die konsep (21,4%) as fitonutri nte (4,5%) korrek aangedui. Die deelnemers was die meeste bewus van die fitonutrient beta-karoteen (88,4%), terwyl allielsulfiede die minste bekend was (5,4%). Die deelnemers was meer bekend met die voedselbronne as die gesondheidsvoordele van fitonutri nte. Brokkoli is die voedsel wat deur die meeste van die deelnemers (75,6%) aangedui is as ‘n ryk fitonutrient bron. Meer deelnemers wat bewus is van die term “fitonutri nte”, kon die daaglikse aantal aanbevole groente porsies korrek aandui (58,5%), as diegene wat dit nie ken nie (40,8%). Dit is nie ten opsigte van die aantal vrugte porsies gevind nie. Meer deelnemers wat die term “fitonutri nte” ken, eet die aanbevole daaglikse aantal porsies groente (22%) en vrugte (73,2%) as deelnemers wat onbewus van die term is (9,9% en 60,6% onderskeidelik). Die meerderheid deelnemers wat die term “fitonutri nte” en die spesifieke fitonutri nte ken gebruik dieetsupplemente. Hulle kan dus as gesondheidsbewuste verbruikers beskou word. Omdat die deelnemers wat gesondheidsbewus is, slegs beperkte kennis van sommige van die fitonutr

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133

WeChat 1538708413