全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

A needs assessment for consumer learning at a higher education institution

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Hierdie artikel is gebaseer op ‘n studie wat onderneem is om die behoefte vir kurrikulumontwikkeling vir verbruikersleer aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie te bepaal. Die Verenigde Nasies het reeds in 1985 ‘n beroep op opvoeders gedoen om verbruikersleer wêreldwyd te bevorder en toepaslike opvoedkundige programme te ontwikkel wat sensitief is vir kulturele tradisies. In die snelveranderende en komplekse verbruikersmark van vandag is dit veral tieners en jong volwassenes wat kennis en vaardighede benodig om ingeligte besluite te kan neem. Verbruikersbesluite waarmee hulle gekonfronteer word, sluit kwessies in soos finansies, lewenstylkeuses, bepaling van waardes, billike handelspraktyke en omgewingsbewaring. Internasionale studies toon dat daar ‘n behoefte aan verbruikersleer bestaan, veral onder tieners en jong volwassenes. Kurrikula op skool verskaf egter nie genoegsame agtergrond en inligting om individue toe te rus om ingeligte en verantwoordelike verbruikersbesluite te neem nie. ‘n Gebrekkige kennis van verbruikersregte en -verantwoordelikhede blyk ook ‘n ernstige tekortkoming te wees. In Suid-Afrika speel historiese faktore inmiddels ‘n groot rol in die gebrek aan kennis van en ervaring in verbruikerswese. Die artikel fokus op ‘n studie wat onderneem is met die oog op ’n behoeftebepaling vir verbruikersleer aan ‘n spesifieke ho ronderwysinstelling as ’n Suid-Afrikaanse gevallestudie. Die studie het insigte oor die behoefte aan verbruikersleer binne die bepaalde instelling verbreed en terselfdertyd bygedra tot die ontwikkeling van ’n kurrikulumraamwerk wat kan dien as ‘n basis vir kurrikulumontwikkeling vir verbruikersleer in ho r onderwys. Empiriese gegewens is verkry vanuit ‘n self-geadministreerde opnamevraelys wat deur middel van ‘n dendrogram saamgestel is. Die dendrogram wat as basis vir die konsepsuele raamwerk gedien het, is na ‘n deeglike literatuuroorsig ontwikkel. Die vraelys het vrae ingesluit om die kennis, gebruike en persepsies van respondente ten opsigte van verbruikersregte en -verantwoordelikhede te bepaal. Tydens die ontwikkeling van die vraelys is tien vakdeskundiges betrek om die inhoud- en gesigsgeldigheid daarvan te toets. Nadat voorgestelde veranderinge aangebring is, is die opname-instrument deur 45 eerstejaar- Somatologiestudente in die Fakulteit vir Toegepaste Wetenskappe aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie (KSUT) in ’n loodsfase voltooi. Geen verdere wysigings was nodig nie. Doelbewuste steekproefneming is toegepas en 474 uit ‘n getal van 5 850 geregistreerde eerstejaarstudente is gekies om die vrae-lys te voltooi. Studente is uit die Fakulteite van Toegepaste Wetenskappe, Bestuurswese, Ingenieurswese en Opvoedkunde gekies sodat vergelykings tussen fakulteite gemaak kon word. (Article text in English)

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133

WeChat 1538708413