全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

Fasilitering van refleksie by onderrig of leer van wiskunde – Ge nspireer deur maatskaplike verantwoordbaarheid

DOI: 10.4102/satnt.v31i1.381

Keywords: Study orientation , vocabulary , basic , profile

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Wanneer leerders se prestasie in wiskunde ondersoek word, is dit belangrik om meer as bloot net hul kognitiewe prestasie in die vak onder die soeklig te plaas. Die doel van dié studie was om 23 wiskundeleerders in graad 7 – onderskeidelik Setswana-, Engels-, isiXhosa- en Afrikaans- huistaalsprekers wat as ’n groep saam deur medium van Engels en Afrikaans onderrig word – te evalueer. Daar is gepoog om hul sterk en swak punte te identifiseer en te reflekteer oor die status van hul studie-ori ntasie (onderskeidelik hul wiskundeselfvertroue, studiegewoontes in en houding teenoor wiskunde), kennis van basiese wiskunde en kennis van die tegniese woordeskat (as één aspek van wiskundetaal). Die leerders moes drie gestandaardiseerde vraelyste, triMATHS, op een dag invul met pouses van 10 minute tussen die vraelyste. Die resultate van die data bevestig dat dié groep leerders se kennis van basiese wiskunde (gemeet deur die (BW[P]) en hul basiese wiskundewoordeskat in Afrikaans of Engels (gemeet deur die (WW[P]) toereikend is. Leerders se wiskundeselfvertroue, studiehouding en studiegewoontes in wiskunde (SOM[P]) het gewissel van onseker tot ontoereikend. Die prestasie van leerders volgens die profiele wat aan die hand van die drie vraelyste geteken is, is as groep en individueel geanaliseer om diegene te identifiseer wat moontlik hulp, ondersteuning en remedi ring nodig het. Die antwoorde op die drie vraelyste wat tydens die studie ingevul is, het die navorser en die wiskunde-onderwyser in staat gestel om inligting oor leerders se agtergrond, gevoelens, houdings en gewoontes rakende hul studie-ori ntasie in wiskunde, hul wiskundewoordeskat en wiskundekennis stelselmatig te ontleed en te interpreteer. Dit is gedoen aan die hand van verdere agtergrondinligting wat deur die onderwyser bygedra is om leerders se prestasie beter te verstaan. Ongelukkig kon die resultate wat verkry is, nie ge mplementeer word in ’n toepaslike intervensie wat leerders se studie-ori ntasie potensieel sou kon verbeter nie, omdat die betrokke skool aan die einde van 2010 permanent gesluit is. The value of reflection on the process of teaching or learning mathematics with regard to Grade 7 learners in an impoverished rural school. When studying learners’ performance in mathematics, it is important to investigate more than just their cognitive performance in the subject. The purpose of this study was to investigate, identify and reflect on the strong and weak points of 23 grade 7 learners in respect of their study orientation (i.e. confidence in mathematics, study attitude and study habits in m

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133

WeChat 1538708413