全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

Einstein se relatiwiteitsteorie: Op die kruispunt van aprioriese elemente en empiriese ervaring

Keywords: Einstein , kruispunt , aprioriese elemente , empiriese ervaring

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

Waardering vir die status van natuurwetenskaplike kennis volg ’n merkwaardige wentelgang deur die geskiedenis van die filosofie en die verskillende vakwetenskappe. Te midde van ekstreme uiterstes moes die benadering van Einstein ’n rigting vind wat beide ’n eensydige apriorisme en ’n oordrewe positivisme afwys. Die historiese agtergrond van die aprioriteitsprobleem – dit wat ons ervaring voorafgaan – is vlugtig nagespeur tot by die Griekse wortels daarvan. Omdat Einstein ruimte gelaat het vir skeppende denke, het dit hom weliswaar in staat gestel om van die universaliteit van sleutelaspekte van die natuur gebruik te maak, in die besonder gefokus op die uniekheid en die samehang van die kinematiese en fisiese aspekte van die werklikheid. Enersyds het die onderskeid tussen hierdie twee aspekte ’n vertrekpunt verskaf om kritiek te lewer op die meganistiese inslag van die klassieke fisika (toegespits om die onderskeid te tref tussen omkeerbaarheid en onomkeerbaarheid), en andersyds het die ontiese universaliteit van hierdie aspekte hom gehelp om hierdie onties aprioriese gegewens tot hul reg te laat kom, ook ten opsigte van die eise wat die ervaring stel (die relatiewe reg van die positivistiese klem op die eksperimentele toetsing van tipewette). Hieruit volg dat Einstein se siening met reg as ’n transendentaal empiriese benadering getipeer kan word. Dit belig ook die onderskeid tussen modale wette en tipewette, asook die skynbaar misterieuse toepaslikheid van die wiskunde op natuurverskynsels. Laastens word aangevoer dat die onlangse beweringe oor die snelheid van die neutrino wat vinniger as dié van lig sou wees, nié Einstein se spesiale relatiwiteitsteorie (sal) weerlê nie. Einstein’s theory of relativity: At the intersection of apriori elements and empirical experience. Appreciation for the status of scientific knowledge followed a remarkably winding path throughout the history of philosophy and of the various specialised sciences. Einstein had to find direction, avoiding the extremes of a one-sided apriorism and an excessive positivism. The historical background of the problem of what is apriori – that which precedes our experience – is briefly traced back to its Greek roots. Because Einstein did leave room for creative thinking, it empowered him to explore the universality of key aspects of nature, focusing particularly on the uniqueness and coherence of the kinematic and physical aspects of reality. Distinguishing between these aspects provides, on the one hand, a point of departure for criticising the mechanistic inclination of classical physics (di

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133

WeChat 1538708413