全部 标题 作者
关键词 摘要

OALib Journal期刊
ISSN: 2333-9721
费用:99美元

查看量下载量

相关文章

更多...

Verskuiwende denke van die 2012-GKSA-Sinode

DOI: http://dx.doi.org/10.4102/ ids.v47i1.117

Keywords: Krimpende lidmaatgetalle , Krisissituasie , Denkverandering/-verskuwing/-omkeer , Groot Opdrag , Evangelisasie/sending

Full-Text   Cite this paper   Add to My Lib

Abstract:

In hierdie artikel word die moontlikheid van ’n denkverskuiwing bespreek en gemeet aan die hand van navorsing wat gedoen is onder die afgevaardigdes van die 2012-GKSA-Sinode. Die agtergrond rondom denkverandering word bespreek, waarna die bevindings van die empiriese studie oor die stand van denke aan die hand van drie aktuele stellings aangetoon word. Die stellings spruit voort uit die verskynsel van dalende lidmaatgetalle binne gemeentes. Navorsing wat tydens die Sinode aan die hand van ’n vraelys plaasgevind het, het gefokus op die mate van bewussyn by die afgevaardigdes in verband met die krisissituasie wat gereformeerde gemeentes ervaar ten opsigte van dalende lidmaatgetalle. Daarna is die moontlikheid van verskuiwende denke terug na die eise van die Groot Opdrag ondersoek. Indien verskuiwende denke wel voorkom, is ten slotte nagegaan of die totale Suid-Afrikaanse bevolking, ongeag taal of kultuur, as teikengroep gereken kan word. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe benadering verskaf insiggewende statistiek, asook insae in verband met die denkverskuiwing en die sleutelposisie van die Groot Opdrag in die verskynsel van dalende lidmaatgetalle in gemeentes.

Full-Text

comments powered by Disqus

Contact Us

service@oalib.com

QQ:3279437679

WhatsApp +8615387084133